Celebrities

Anri van der Linde

Anri van der Linde "Ek het onlangs met die besige lewe van 'ma-wees' kennis gemaak, Enzo is nou 2 en my dogtertjie verwag ons in Junie. Niemand kan jou voorberei vir hoe jou dag skielik propvol is en tyd net altyd so bietjie te min is nie! Maar dis natuurlik alles die moeite werd! Gelukkig weet ek dat my velsorg routine een ding is wat ek nie oor hoef bekommerd te wees nie - ek WEET dat ek die beste vir my vel gee. Die routine is eenvoudig en ek kan beslis sien dat, ten spyte van die minner slaap en rond hardloop, bly my vel nie agter nie en voel heerlik vars en gesond! 2nd Youth® is produkte wat jy met vertroue kan gebruik wetende dat hulle AL die dinkwerk vir jou gedoen het, jy kan dit net geniet en weet jy gee die beste vir jou vel."






Nicholis Louw

NICHOLIS LOUW – 2nd Youth Testimonial
Ek het 'n ruk gelede besluit om na my vel te begin omsien vir ‘n paar redes

  1. Die eerste rede is baie eenvoudig... Ek is nie gereed om terug te staan en te aanvaar dat die natuur begin intree op my ouderdom en sy tol eis op my fisiese voorkoms nie.
  2. Die aard van my werk verg dat ek altyd vars, viriel en op my beste moet lyk.
  3. As 'n man wens/hoop/verwag dat sy vrou haarself moet versorg, verdien sy dat hy ook moeite doen met sy voorkoms.
  4. Ek het in die afgelope tyd 2nd Youth se produkte gebruik en die eerste ding wat my opgeval het, is hoe eenvoudig en vinnig die roetine is. Wat dit nog beter maak, is dat jy jou eie roetine kan uitwerk soos dit vir jou pas!

My roetine behels die volgende:

  1. Was my gesig en liggaam terwyl ek stort soos enige ander man. Ek gebruik nou net 2nd Youth se gesigwas en showergel
  2. Spuit die pH balanseerder op
  3. Sit room op

So eenvoudig soos dit!!!

Die tweede ding wat my dadelik opgeval het, is hoe goed dit my laat voel het om te weet ek versorg myself en dat ek vir die res van my lewe die vrugte daarvan gaan pluk. En behalwe vir 'n goeie voorkoms is my vel ook nou gesonder en meer bestand teen velsiektes soos velkanker, en kwale soos ekseeme en aknee.

Ek kon binne 'n week al 'n duidelike verbetering sien en mense met wie ek daagliks kontak het, bevestig dit gereeld!

So wat sê 'n mens vir 'n man daaroor om 'n velproduk te gebruik? Haha, dis baie eenvoudig!

My roetine behels die volgende:

Rina Hugo

Rina Hugo "As gevolg van my besige skedule is dit noodsaaklik dat my vel ten alle tye goed lyk. 2nd Youth® het die tekstuur en droogheid van my vel drasties verbeter. My vel voel vars en verfris na die gebruik van die produkte. Uit die aard van my beroep gebruik ek baie grimering en 2nd Youth® sorg dat my vel nooit moeg en dof lyk nie. Ek vind dit 'n maklike routine om te volg. Probeer dit gerus!"